In begin van 2018 oes ons ons eie mielies op Mwala Madzi. Klomp saad word weggesit vir herplant.
Die res maal ons vir onsself vir mieliemeel en gee ook vir ons werkers en vir die inwoners wat swaarkry en nie goeie oeste gehad het nie.
Ons het ook nou ons eie groente tuin met slaai, wortels, tamaties, uie, spinasie, greenpeppers, aarbeie en kruie.
Ons werknemers met hul gesinne eet saam met ons uit die tuin.
Ons ook geseën met ‘n papajaboom, piesangs en grenedellas.
Ons koffiesaailinge groei mooi en is gesond. Ons het vyf varieteite wat binnekort reg sal wees vir uitplant.
Die grondvoorbereiding op die plaas vir die plant van die koffiebome vorder mooi. Ons het begin met ontbosting maar los natuurlike bome om te dien as skadu vir
koffiebome. Aan begin gaan ons koffiebome natlei uit rivier. Kanaal gegrawe op plaas met 9 werkers asook besproeiing natlei sloot tussen koffiebome.
Van die inwoners woonagtig om die plaas gebruik om gate te maak vir plant van koffiebome. Hul word per gat gegrawe betaal en dit was ook sommer werksskepping.
So kon hul geld verdien om kos te koop.Valentino ons een werknemer is aangestel oor 8 permanente werkers. Ons is baie trots op hom hy oortref homself en so
leer ons hul ook bietjie van eie waarde en verantwoordelikheid. Woensdae oggende ses uur hou hy ‘n biduur op Mwala Madzi vir die werkers en omliggende inwoners.
Maandag 25 November 2018 begin ons met oorplant van koffiebome op plaas. Daar is oor die 3000 gate gemaak gereed met kompos. Mosambiek se reënseisoen het begin
so dit is die regte tyd gewees om te begin plant.
Uitreikgroep van Goudini vertrek 22 Junie 2018 na Chandame. Op Vryburg val een van die voertuie se agterwiel uit. Niemand is beseer. Die voertuig en passasiers bly agter op Vryburg.
Twee voertuie ry verder. 25 Junie 2018 arriveer hul op Chandame. Ons het ‘n evangelisasie program uitgewerk vir hul besoek.
Elke oggend begin ons met Bybelstudie. Tema God is Liefde. Daarna besoek ons “prayerhouses”
Voer toneelstuk op wat wys hoe maklik die wêreld jou van God kan laat vergeet, maar op die ou end wag God op jou met ope arms.
Hy het jou onvoorwaardelik lief.
30 Junie 2018 hou ons bederfdag vir die vroue. Hul kry kopdoeke, sepie, waslap en ‘n gehekelde blommetjie. Tania bied lesing aan oor vroeë kindontwikkeling
Dit word goed ontvang. Heather praat oor jou identiteid in God. Ons gee ook vir al die vrouens ‘n manikuur wat hul baie geniet. Soos ons met hul hande werk het
het ons vir hul gebid.
Die groep het ook saam met ons die plaas besoek waartydens ons weer die plaas opgedra het aan God.
Uitreikgroep besoek Gandale Pastoor Isaias ons vorige prediker se gemeente,waar hul gaan stap in die berg om moontlike waterbron vir dorp te ondersoek.
Ons sluit die uitreik af met ‘n besoek aan Mufasa Echo Lodge in Malawi. Dit was my en Jannie baie spesial om groep te kon ontvang.
Ons het elke oomblik daarvan geniet en die Liefde van God was heeltyd voelbaar.
Departement van Landbou besoek Mwala Madzi en die plaas se papierwerk alles in orde. Dank aan ons Hemelse Vader.
Sendelinge Mark , Lesley, Wynand en Erica slaap twee aande oor by ons. Hul bring rustigheid en vrede en God se Liefde saam met hulle.
Het nog elke dag kliniek Maandag tot Vrydag van 9h00 tot 12h00. Wintermaande is dit net borsverkoues, griep en brandwonde as gevolg van nalatigheid.
Een brandwond geval was dogtertjie van een jaar oud . Sy het in vuur geval. Haar arm, been en lyfie gebrand. Ouers baie agterlosig en laat kinders te
naby oop vuur toe.
In someermaande begin malaria weer kop uitsteek. Malaria dodelike siekte as dit nie betyds behandel word nie. Vir elke pasient wat die kliniek besoek word
daar gebid. Mobiele kliniek van van Vila Ulongue besoek ons ook elke maand.
Pastor Antonio en sy vrou Maria doen reuse werk. Program is uitgewerk vir die jaar. Elke Sondag is hy by verskillende “prayerhouses” As ons hom nie neem nie ry hy met sy motorfiets.
Chandame het 18 “prayerhouses” met 620 volwasse lede. Pastor Antonio en Maria doen deur tot deur besoeke.
Besoek siekes, doen huweliksberading en gee ook kos vir gesinne wat swaarkry.
6 tot 9 September 2018 is Chandame gasheer vir die jaarlikse vrouebyeenkoms. Elke “prayerhouse” kry lys van kos wat hul moet bring.
Jannie het hout aangery vir die voorbereiding van hul kos en ook ligte aangelê oral waar hul buite geslaap het. Die ligte is altyd groot bederf.
Selfs die kinders speel tot vier uur in oggend buite. Ons het so plus minus 250 vroue verwag- 500 vroue het opgedaag! Hul kuier saam, sing saam en het ook
lesings. God is ook lief vir ons gewone mense. Genesis 3 vers 5 tot 9. Numeri 21 vers 5 tot 8. Josua 6 vers 17. Lukas 22 vers 57 was van die Skrif wat behandel is.
20 Bokke geslag vir die vier dae, 50 liter olie gebruik en saam met die bykos het hul genoeg gehad om te eet. Sondag terug na hul huise vol vrede en vervul met die Heilige Gees.
Jeugnaweek 13 tot 14 Oktober 2018. Tema: God is Lig. Jeug arriveer Saterdagmiddag 12 uur slaap oor en gaan Sondag na kerk huis toe, Drie “prayerhouses”
se jeug het die naweek bygewoon. 50 Jongmense opgedaag. Sing en loof en kuier saam. Gaan terug na hul huise en gaan lewer getuienis.
Wyand en Beaulah Theron nou deel van Chandame en Mwala Madzi. Dit is vir my en Jannie ‘n groot seën. Jongmense wat kan aangaan en deel wees van ons visie
naamlik verkondig die Woord, Werkskepping en Sendingbystand.
2018 was ‘n jaar vol hoogtepunte en laagte punte maar God se Teenwoordigheid was heel jaar voelbaar!
God bly in beheer!
Krag in gebed!
Ps 32 v 8.
Baie seën vir julle.
Jannie en Susan Smit