13 – 15 September 2012 – Evangelism weekend in Nkondedzi

On Friday afternoon, members of the Chandame congregation and youth choir departed for Nkondedzi in a lorry.  The afternoon at Nkondedzi started with the showing of DVD’s and videos, including the Jesus film. The group sang, danced and praised God right through the night.  Many people were present during the course of the evening.  On Friday night, 20 people gave their hearts to the Lord. The weekend ended on Sunday with a few people being given the opportunity to preach.  All who preached messages were the same and this message was how it is your choice if you want to believe in God, that all of us are moving into the last days and that there is no more time to choose a different path. At the end of the weekend, the church welcomed 52new members.  The Synod Church is considering appointing an Evangelist to stay with the Nkondedzi congregation for 3 years and after this, a full time minister. The clinic at Chandame has been plastered inside and outside as well as the windows and doors have been finished.  Vasco and his 2 helpers are doing a good job and their work is very neat. Jannie got a message a few nights ago to read the book of Hagia.  The next morning, he said that we have to start repairing the church and tidying up the building.  We have started doing this and the church will be repaired. Currently, Jannie is helping Ben Bekker to drill for water in […]

13 – 15 September 2013 – Evangelisasie naweek in Nkondedzi

13 – 15 September 2013 Evangelisasie naweek in Nkondedzi (20 km van Chandame af) Die lede van die Chandame gemeente en die jeugkoor het Vrydagmiddag vertrek met die vragmotor  na Nkondedzi. Hulle het die middag afgeskop met die wys van DVDs en videos onder andere die Jesus film. Hulle het gesing, gedans en die Here geloof dwarsdeur die nag. Daar was aanmekaar ‘n toeloop van mense. Vrydagaand het 20 mense hul hart vir die Here gegee. Sondag het hulle afgesluit met ‘n paar mense wat beurte kry om te preek. Almal se boodskap het gegaan oor dis jou keuse of jy aan God gaan glo en dat ons nou beweeg in die laaste dae en daar nie meer tyd is om ander paaie te stap nie. Aan die einde van die naweek het hulle 52 lede by gekry by hul gemeente.Die Sinode dink daaraan om ‘n Evangelis aan te stel vir 3 jaar by Nkondedzi en dan daarna ‘n voltydse predikant. Ons is baie opgewonde oor die groei in daardie area! Die kliniek op Chandame is al binne en buite klaar gepleister en die deure en vensters afgerond. Vasco en sy twee helpers vorder goed en hul werk baie netjies. Jannie het een nag ‘n boodskap gekry om die boek Hagai  te lees. Hy het die volgende oggend gesê ons moet begin om ons kerk op Chandame op te knap en netjies te maak. Ons het nou daarmee begin en die kerk gaan nou opgeknap word! Ons was vir 9 dae in […]