HOOGTEPUNTE VAN 2018

  In begin van 2018 oes ons ons eie mielies op Mwala Madzi. Klomp saad word weggesit vir herplant. Die res maal ons vir onsself vir mieliemeel en gee ook vir ons werkers en vir die inwoners wat swaarkry en nie goeie oeste gehad het nie. Ons het ook nou ons eie groente tuin met slaai, wortels, tamaties, uie, spinasie, greenpeppers, aarbeie en kruie. Ons werknemers met hul gesinne eet saam met ons uit die tuin. Ons ook geseën met ‘n papajaboom, piesangs en grenedellas. Ons koffiesaailinge groei mooi en is gesond. Ons het vyf varieteite wat binnekort reg sal wees vir uitplant. Die grondvoorbereiding op die plaas vir die plant van die koffiebome vorder mooi. Ons het begin met ontbosting maar los natuurlike bome om te dien as skadu vir koffiebome. Aan begin gaan ons koffiebome natlei uit rivier. Kanaal gegrawe op plaas met 9 werkers asook besproeiing natlei sloot tussen koffiebome. Van die inwoners woonagtig om die plaas gebruik om gate te maak vir plant van koffiebome. Hul word per gat gegrawe betaal en dit was ook sommer werksskepping. So kon hul geld verdien om kos te koop.Valentino ons een werknemer is aangestel oor 8 permanente werkers. Ons is baie trots op hom hy oortref homself en so leer ons hul ook bietjie van eie waarde en verantwoordelikheid. Woensdae oggende ses uur hou hy ‘n biduur op Mwala Madzi vir die werkers en omliggende inwoners. Maandag 25 November 2018 begin ons met oorplant van koffiebome op plaas. Daar […]